Lynelle Kenned: Die Paarl-nooi met die rooi vellies

Jean O’Brien

Billing Presenter Search voor ek Pasella toe is. Dit was my ma Christene wat my oorreed het om te skryf vir die kompetisie.” Sy is ook nie net 'n aanbieder nie, maar ook 'n operaster! Ons wou meer weet. 

  1. Hoewel jy 'n bekende gesig op SABC2 is in Pasella, is jy meer 'n musiekster. Hoe het dit gebeur?
    Ek kom uit 'n musikale gesin. Vandat ek kan onthou, was dit net vanselfsprekend dat familielede elkeen sing en 'n instrument speel. Daar was altyd musiek in die huis, of die draadloos, of 'n plaat, of cassette of CD wat speel, of ons wat dit self maak. Die keuse om musiek te swot het in 2005 gebeur, toe ek as graad 11 leerder deel word van die SA Jeugkoor. Die koshuis ouers het ons na 'n opvoering van Cape Town Opera se Show Boat geneem, en ek het onmiddelik geweet dat ek op die verhoog wou wees. Ek het my toneel debuut in 2013 in David Kramer se Blood Brothers gemaak en vroëer vanjaar in David se musiekblyspel Orpheus In Africa waar ek die soprano-rol van Maƫe Allen vertolk het.
  2. Jy en David Kramer het meer ingemeen as optree in sy produksies?
    Pa Ralph en ma Christene en ek is groot fans van hom! Toe ek vyf-jaar-oud was het my ouers vir my en my nefie elk 'n paar rooi vellies gegee, net soos die tipe wat David Kramer altyd gedra het. Ons het darem baie kattekwaad in daardie skoene aangevang!
  3. Nou vertel ons eers waar in die Paarl jy vandaan kom?
    Ek is op 6 Junie 1988 in Paarl-hospitaal gebore. Ons gesin het vir die eerste vier jaar van my lewe in Evansstraat naby die Bethel kerk gewoon, waarna ons na Klein Parys verhuis het en ek 'n boeƟe, Raven, ryker geword het. Ek was by die Our Little People crèche in New Orleans, en daarna het ek vanaf pre-primêr tot Standerd 5 (graad 7) by Laerskool Drakenstein skool gegaan. Ek was 'n Larrie vanaf Graad 8 tot Graad 10, en het in Graad 11 aangesluit by Stellenberg Hoërskool , waar ek gematrikuleer het. Op die oomblik is Kaapstad en Paarl my huis.
  4. Hoe sal jy jou kinderdae opsom?
    Ek was 'n gelukkige kind. Raserig, nuuskierig. My ouers het vroeg dat ek my energie en kreatiwiteit konstruktief gebruik deur my vir klavier, viool, cello en sanglesse te stuur.
  5. Wie is jou grootste ondersteuners?
    Sonder twyfel, my ouers. Hulle is oor die jare by al wat 'n konsert is. Hulle het vir musiekles se ten duurste betaal, en moes ry-klub speel vir al my extra-curricular aktiwiteite. My pa stuur nou nog boodskappe uit na familie en vriende elke keer as ek optree.
  6. Jou ma is vroëer vanjaar oorlede. Hoe het die dood van jou ma jou geraak?
    Dis seker een van die most life changing experiences wat enigeen in hulle lewe kan hê. Dis nie net haar dood wat 'n impak op my het nie, dis hoe sy geleef het. Sy was so 'n pragtige mens. Dit laat mens opnuut besef hoe dankbaar jy is om te kan lewe. Doen wat jou gelukkig maak, vind jou eie waarheid en eie storie, en leef dit voluit.
  7. Wat onthou jy die graagste van jou ma?
    Sy het 'n sagtheid omtrent haar gehad wat mens so geliefd en spesiaal laat voel het. Haar borrelende geaardheid en glimlag mis ek elke dag. Sy het soveel plesier daaruit gekry om te kook en te bak, en het altyd gesing en gedans in die kombuis terwyl sy besig was. Soms, as sy weggevoer deur 'n soapie geraak het, was die kos in gevaar om tot kooltjies te verbrand!
  8. Was was die beste advies wat sy vir jou gegee het?
    Jy 'n net een lewe. Doen wat jou gelukkig maak, maar doen dit tot die beste van jou vermoë . Werk harder as enigeen wat jy ken en dit sal vrugte afwerp.
  9. As mense jou uitvra oor jou geboortedorp, hoe sal jy Paarl beskryf?
    Dis die plek waar jy eendag wil aftree. Sprokiesmooi, rustig, wingerd en berg, son en rivier.
  10. Wat maak Paarl spesiaal vir jou?
    Daar is 'n ware sin van gemeenskap. Ek het daar grootgeword, en mense vertel altyd staaltjies van wat hulle onthou toe ek klein was. Ek het daar leer fietsry, my nerwe afgeval, kattekwaad aangevang, geleer en gegroei, en die mooiste herinneringe met my familie en my ma opgedoen.
  11. As jy een advies vir vroue kan gee, wat sal dit wees?
    Moenie toelaat dat 'n misogynisitc society vir jou voorskryf watter lewenskeuses jy behoort te maak nie. Of dit nou kom by verwagtinge oor jou beroep, jou keuse om te trou of kinders te hê , watookal. Werk hard aan jou onaĬanklikheid, dis die grootste geskenk wat jy jouself kan gee. Ons tyd is nou - jy het die mag om te kies watter lewe jy lei. En jy moet. Jy lewe net een keer.
Lynelle Kenned